Die klug van Noord-Korea

Dit word al duideliker dat die sogenaamde wetenskaplikes van Noord-Korea niks anders is as tegnologie diewe nie, en foto’s wat tans in die media verskyn, word as bewyse daarvoor gepubliseer.

In een van die Europese koerante verskyn ’n foto waar ’n kommunistiese spioen probeer om kernwapen tegnologie te steel.

Volgens berigte probeer die kommuniste van Noord-Korea al vir etlike jare om kernwapen tegnologie in die Oekraïne te bekom met geplante spioene.

Wetenskaplikes sê die bevindinge wat nou rugbaar word, bring die “skielike ontwikkeling van ballistiese missiele” na vore en verduidelik dit ook waarom die leier, Kim Jong-Un so gedreig het om die VSA aan te val.

Twee fotograwe het die spioene betrap waar hulle gepoog het om geheime inligting te kopieer, maar is deur die polisie vasgetrek en veroordeel tot minstens agt jaar tronkstraf.

Kenners sê dit is geen wonder die Noord-Koreaanse regime het skielik stil geword nie, want hulle beskik hoegenaamd nie oor die kennis om self kernwapens te ontwikkel nie, maar maak gebruik van spioene om vir hulle inligting te bekom.

Foto – Spioen besig met kopieerwerk