Die eierskandaal kring uit

Die Federale Voedsel Agentskap (FAVV) het besluit om nog 14 hoenderplase in België te blokkeer om nie hulle produkte te bemark nie.

Die Agentskap het verdere kontroles uitgevoer waartydens die gifstof Fipronil  gevind is, wat die totale aantal hoenderboere wat geblokkeer is, op 82 te staan bring.

Dit het aan die begin van Augustus aan die lig gekom dat hoendereiers wat deur Nederlandse en Belgiese hoenderboere bemark word, besmet is met die gifstof wat in ’n insektedoder gebruik word.

In verdere ondersoeke is ook bevind dat die henne die gifstof in hulle sisteem het, en in sekere gevalle was die hoenders se kos ook besmet.

Duisende eiers is binne een week vernietig, en honderde hoenderhenne moes ook vernietig word.

Intussen is vasgestel dat die klein hoeveelheid gifstof wat in ’n eier is, geen skade aan mense kan veroorsaak nie, maar die owerhede sê hulle tref voorsorg dat mense nie vergiftig word nie.