Daggawet is rassisties

‘n Persoon wat as historikus werksaam is by die Rhodes Universiteit, is van mening dat wetgewing wat die kweek en rook van dagga verbied, rassisties en irrasionaal is en die gevolg van kolonialisme.

Craig Paterson is ‘n getuie in die hofsaak waarin Myrtle Clarke en Jules Stobbs vra dat die wette wat die verkoop van dagga verbied, ongrondwetlik verklaar moet word.

Volgens Paterson was dagga wyd gebruik voor die koloniale tydperk.

Hy het die hof ook vertel dat dit makliker was om dagga in  1922 te verban as alkohol, want dagga was net deur Indiërs, kleurlinge en swartes gebruik, terwyl blankes alkohol gebruik het. Hy sê daar is meer bewyse dat alkohol lei tot misdaad en sosiale versteurings as wat die geval is met dagga.