DA-leier in Wes-Kaap ondersoek

Die registrateur van ledebelange in die Wes-Kaapse wetgewer het verdere ondersoek aangevra na die waarnemende DA leier in die Kaap, Bonginkosi Madikizela, se duur verjaarsdagspartytjie in ‘n vyfster hotel.

Intussen het die DA premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, ‘n ooglopende poging aangewend om die saak onder die mat te vee toe sy geweier het om name bekend te maak van persone wat die partytjie befonds het.  Sy glo dat Madikizela niks verkeerd gedoen het nie.

Foto: Bonginkosi Madikizela