Canna indica / Indian shot

 

Die Canna indica is’n baie bekende plant en dit is eintlik as onkruid verklaar. Hierdie plant is in die familie Cannaceae en die rang is Zingiberales. Dit is inheems van Suid Amerika, Sentraal Amerika, Texas en ook Suid Afrika.

Canna indica is ‘n baie ornamentele plant en dra helder rooi, geel, pienk, oranje en roomkleurige blomme. Daar is ook verskeie ander kleure maar die rooi blomme is die mees algemeenste.

Canna indica is meerjarig en word tot 2,5 meter hoog. Dit groei dig en het lang dun stingels met die helder sagte donkergroen blare aan weerskante. Die stingels se kleure wissel van groen tot rooibruin. Die blomme is op die bo-punte van die stingels. Sommige van hierdie plante se blomme is groot en ander is langwerpige blommetjies met dun blaartjies wat omkrul by die punte.

Canna plante is rypgevoelig. Dit dra groot ronde saadlobbe wat lyk soos olieboomsade met stekerige penne reg rondom die lobbe. Aan die binnekant van die sade is daar duisende klein harde pikswart ronde saadjies wat versprei sodra die saadlobbe oopskiet en dit is hoe hulle ons tuine sommer maklik kan “oorneem”. Sorg dat u altyd soveel as moontlik klein plantjies liewer uitroei alvorens dit die tuin inneem. Die sade word in sekere lande gebruik as juweliersware.

Daar is ook van hierdie plante wat pragtige bont blare of gestreepte blare dra. Sommiges is ook ligter en vertoon groen met geel strepe en lyk baie mooi in tuine.

Canna indica het ‘n sterk wortelstelsel en word ook daar verdeel. Volgens bronne kan Canna plante geeet word, maar wees liewer versigtig daarmee. Dit het ‘n soet smaak. Laat ons maar liewer ons gewone groente en kruie gebruik as voedsel.

Tuiniers, geniet u tuin tot volgende keer.