Brexit laat Europeërs Brittanje verlaat

Als gevolg van die vinnig naderende vertrek van Brittanje uit die Europese Unie, het die eerste Europese burgers reeds hulle koffers gepak en vertrek na hulle lande van herkoms.

Intussen is ook vasgestel dat die beweging van Europese lidlande se burgers wat na Brittanje gaan, drasties afgeneem.

Die twee tendense het gedurende die afgelope jaar toegeneem volgens syfers wat die Britse Statistiekdiens bekend gemaak het.

Die aantal mense wat Brittanje verlaat het, is 246 000 meer as wat die land binnegekom het uit die EU lande.

Volgens die verslag is dit veral mense uit die Balkanstate, asook Pole en Hongarye wat Brittanje nou reeds verlaat het.

Die mense toon oor die algemeen dat hulle geen rede sien om langer in Brittanje te bly nie, terwyl ander terugkeer op bevel van hulle werkgewers in die lande van herkoms.