Brandstof weer duurder

Die AA het gewaarsku dat ‘n skerp styging in die prys van brandstof kan wag op motoriste vroeg in September.

Die hoofrede daarvoor is die verswakking van die rand, veral nadat die mosie van wantroue teen Jacob Zuma misluk het, en ‘n verhoging in oliepryse.

Petrol kan tot met 63 sent per liter styg en diesel met 57 sent.