Brandbestryders vlug vir skare

Brandbestryders in die Kaapse Vlakte moes Dinsdag die gebied verlaat weens ‘n skare wat vyandig opgetree het. Die polisie moes ook die toneel verlaat.

Dit het plaasgevind in Pooke se Bos, ‘n informele plakkerskamp naby Rylands.

Meer as 100 plakkershutte is vernietig en die Kaapse raad sal bepaal hoe die mense wat “huisloos” is gehelp kan word.