Bomplanter se terreurpogings gefnuik

Die plan van ’n vermeende bomplanter om ’n ontploffing te veroorsaak deur ’n bom aan boord van ’n passasiersvliegtuig te bring, is deur lughawe personeel gefnuik.

Die bomplanter wou ’n bom smokkel na ’n vliegtuig op die lughawe van Sydney, maar sy plan is op die nippertjie gekortwiek deur personeel by die toegangspunt nadat die intelligensiediens van Brittanje gewaarsku het dat ’n selfoon geaktiveerde bom dalk aan boord gesmokkel gaan word.

Die vliegtuig van Etihad Airways het gereed gestaan vir sy vlug na Abu Dhabi in die Emirate, en was vol bespreek vir die reis.

Personeel het die bomplanter geïdentifiseer en hom verhoed om na die vliegtuig te beweeg, waarna veiligheidsbeamptes vinnig opgetree het en hom in hegtenis geneem.