Bejaardes in plaasaanval gemartel

‘n Bejaarde egpaar, Mnr. Vic Coocks (75) en sy vrou Gwen (74), is op hulle kleinhoewe buite Potchefstroom, verneder en gemartel tydens ‘n plaasaanval.

Vir die twee terroriste was dit nie genoeg om net goed te vat wat hulle wou gehad het nie, maar hulle het die egpaar vernederend kaal uitgetrek en daarna water en kookolie warm gemaak en dit oor die naakte liggame gegooi en hulle daardeur ernstig beseer het.

Daarbenewens is die egpaar ook met messe gesteek. Alhoewel daar nie veel bekend is hoe dit met hulle gaan nie, het hulle seun net gesê dat dinge sleg lyk.

Die terroriste het hulleself skynbaar net met ‘n pistool it die voete gemaak, en hulle is steeds op vrye voet.

Mnr. Cooks is ‘n bekende groenteboer van die omgewing.