Balju vat Gesondheid se toerusting

Die balju het toegeslaan op die Gautengse departement van gesondheid oor uitstaande skuld.

Twee vragte meubels en toerusting is deur die balju verwyder omdat die departement nie ‘n eis van R6,2 miljoen vir mediese nalatigheid betaal nie.

Die toerusting bestaan uit 400 rekenaars, 50 drukkers, 400 tafels, 600 stoele, 200 liasseerkabinette, 10 yskaste, 10 mikrogolfoonde en drie eetkamerstelle.