ANC gaan Manana dissiplinêr verhoor

Die ANC het aangekondig dat Mduduzi Manana dissiplinêr verhoor gaan word na sy aanranding van twee vroue in ‘n nagklub. Manana is adjunkminister van hoër onderwys.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe is klaarblyklik nie bewus van kabinet reëls nie en kon nie sê of pres. Jacob Zuma Manana moet afdank nie.

Daar gaan talle stemme op teen die afdanking van Manana, maar die presidensie swyg nog steeds oor die angeleentheid. Selfs die ANCVrouelige eis Manana se kop.

Ontleders sê dat Manana ‘n getroue Zuma-ondersteuner is, en vandaar die presidensie se ignorering van die probleem.