Amerikaanse vrou wen miljoene dollar

’n Vrou wie se naam nie bekend gemaak mag word nie het in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts die grootste lotto wat nog ooit in die VSA gewen is met ’n eerste probeerslag gekry.

Die blanke vrou, wat maar ’n nederige werk in ’n hospitaal gehad het, het glo finansieel swaar gekry en uit radeloosheid ’n lotto kaartjie gekoop met die hoop dat sy dalk iets sou wen.

Die 59-jarige vrou het nou die keuse of sy die bedrag oor ’n tydperk van 30 jaar wil ontvang en of sy ’n eenmalige bedrag van 480 miljoen dollar wil ontvang.

Sy het besluit om haar werk by die hospitaal te bedank en ’n rustige lewe te lei. Sy het deskundiges gevra om haar behulpsaam te wees met die bestuur van haar rykdom.