“Adjunkminister van Hoër Aanranding” se kop geëis

Die adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, se bedanking en summiere arrestasie word geëis nadat hy betrap is op ‘n video dat hy ‘n vrou by ‘n nagklub aangerand het .

Opposisie partye het ook geëis dat die Openbare Beskermer die saak moet ondersoek aangesien die Etiese Wet oortree is deur ‘n parlementslid.

Die vrou wat aangerand is het tydens ‘n argument Manana as ‘n “moffie:” uitgeskel.

President Zuma is skynbaar “ontsteld” oor die gebeure.

Intussen het die publiek die minister se posbenaming verander na dié van “Hoër Aanranding”, en eis dat hy ook genadeloos gejag en gearresteer moet word, soos wat die geval is met ses wit mans wat mense by ‘n KFC sou aangerand het.