Pretoria deur taxi’s ontwrig

Betogende minibus taxibestuurders het paaie versper, en spoorlyne in die Soshanguve omgewing  versper met klippe en rommel.

Verder is verbygaande motoriste met klippe bestook en in talle gevalle het taxibestuurders motors met stokke toegetakel en beskadig.

Van die stedelike busse is ook aan diens onttrek nadat een van die busse beskadig is.

Polisie en metro polisie het nie veel meer gedoen as om die situasie te “monitor” nie.

Ontstoke inwoners en ander motoriste vra wanneer wetstoepassing gaan plaasvind.

Die taxi’s het ‘n memorandum aan die stadsraad oorhandig waarin hulle eis dat alle boetes teruggetrek moet word omdat hulle reken dat hulle ‘n noodsaaklike diens lewer en voel dat dit daarom onredelik is om enige boetes te kry.