Zuma tree dadelik op om swart regslui te help

Die staat is skynbaar deesdae die grootste gebruikmaker van regsdienste, maar vertrou skynbaar nie swart regslui nie.

Dit blyk uit ‘n klagte van die instelling met die rassistiese naam Black Lawyers Association (BLA). Die geleerde prokureurs en advokate het by die Uniegebou gaan betoog teen die feit dat die regering meer blanke as swart regslui gebruik in hulle sake wat voor die hof kom.

Die bedrae wat hierby betrokke is, beloof miljoene, indien nie miljarde rande, per jaar en BLA se lede wil graag hulle hande daarop lê.

Anders as waar boere byvoorbeeld betoog teen plaasaanvalle, het Zuma in hierdie geval onmiddellik werk van die saak gemaak en sy minister van justisie, Michael Masutha, beveel om aandag aan BLA se bekommernisse te gee en ’n verslag aan hom te oorhandig.

Foto: Michael Masutha