Zuma ignoreer integriteit

Dit het aan die lig gekom dat die ANC se interne integriteitskommissie die ANC-leier, Jacob Zuma, al geruime tyd gelede versoek het om te bedank.

Zuma het egter geweier om dit te doen aangesien hy dit sien as ‘n manier waarop die Weste van hom ontslae wil raak sodat hulle die land kan oorneem.  Hy het beweer dat hy die laaste vesting is wat kan keer dat die ANC gekaap word. Hy sou ook die mense en die revolusie verraai as hy bedank.