Zombie Zuma kos man sy werk

Die openbare uitsaaier, die His Master’s Voice van die ANC, duld geen kritiek teen sy uiteindelike grootbaas, die president van die land, nie.

‘n Omroeper van die SABC-radiostasie, Lotus FM, het die summiere trekpas gekry nadat hy sy mening, nie op die lug nie maar op sy Facebook-profiel, gelug het oor sake wat hom omkrap.

Ravi Govender het na Jacob Zuma se toespraak by die ANC se beleidskonferensie geluister, en daarna die volgende op sy Facebook geplaas:  “So pas ’n zombie Zuma op die nuus gehoor ’n toespraak lewer. ‘n Slagting van die mooi Engelse taal . . . Onopgevoede wese. Selfs die ander sot Mugabe praat baie beter.”

Govender sê dat Zuma eerder Zoeloe kon gepraat het met ‘n tolk, dan sou dit beter geklink het as sy Engels sonder gevoel of punktuasie.