Zoeloekoning jaag gaste uit restaurant

Zoeloekoning Goodwill Zwelithini het onverwags Saterdag by ‘n restaurant in Kaapstad opgedaag met sy sekuriteitswagte en sy persoonlike sjef.  Die straat is afgesper en gaste is versoek om te betaal en te vertrek of na ‘n ander vertrek te gaan.

Hierdie optrede het op sosiale media klomp kritiek uitgelok terwyl die restaurantbestuurder vol lof was vir die koning, en skynbaar nie omgegee het vir die ongerief en selfs ongeskikte behandeling van sy ander en dikwels gereëlde klante nie.