Wiskunde dalk nie meer verplig saam met rekeningkunde

As die Departement van Onderwys sy sin kry sal leerlinge wat rekeningkunde tot matriek neem nie meer wiskunde as verpligte vak hoef te neem nie.

Volgens die departement is daar poste in administrasie, bemarking en boekhouding wat nie gevorderde wiskunde benodig nie.

Universiteite se toelating vir rekenmeesters sal egter nog wiskunde vereis.