Wes-Kaapse damme kort baie water

Damme in die Wes-Kaap is steeds veel laer as wat dit verlede jaar ooreenstemmende tyd was.

Enkele damme se stand word gegee nadat die sneeu in die berge gesmelt het en aanvullend water gegee het tot die reën wat die naweek uitgesak het.

Dam                       Huidige Stand        Verlede jaar

Bergrivier                27%                       46%

Brandvlei                 21%                       35%

Bulshoek                 45%                       94%

Calitzdorp               30%                       84%

Clanwilliam              23%                       88%

Steenbras               71%                       81%

Wemmershoek        37%                       58%

Alhoewel goeie reën is sekere dele van die provinsie uitgesak het, is die reënval aansienlik laer as die normale, en kan ernstige watertekorte in die komende somerseisoen voortduur as dit nie in die volgende vier tot ses weke goeie neerslae kry nie.