Wêreld Nuusflitse – 31 Julie

Pakistan

Die eerste minister van Pakistan, Nawaz Sharif,  is deur die land se hooggeregshof skuldig bevind weens korrupsie met die omstrede Panama Papiere skandaal wat verlede jaar op die lappe gekom het.

 

Spanje

Tydens ’n treinongeluk in die Spaanse stad Barcelona is minstens 50 mense ernstig beseer, maar geen sterftes is aangemeld nie.

 

Duitsland

In die Duitse stad Stuttgart, wat beskou word as die land se mees besoedelde gebied weens die groot nywerhede, gaan diesel motors glo verbied word omdat die munisipale owerheid nie voldoen het aan hulle onderneming om besoedeling te verminder nie.