Wêreld Nuusflitse – 27 Julie

Frankryk

Groot bosbrande in die suide van Frankryk het die owerheid genoodsaak om meer as 10 000 mense behulpsaam te wees om uit die gebied te vlug na veiligheid.

 

VSA

Barbara, die rolprentster en vierde vrou in die lewe van Frank Sinatra, is in die ouderdom van 90 jaar oorlede. Sy was bekend vir haar bemoeienis met verwaarloosde kinders en het in later jare miljoene dollar ingesamel om die kinders te versorg.

 

Switserland

Die man wat in ’n klein dorpie in Switserland minstens twee mense aangeval en ernstig beseer het met ’n kettingsaag, is deur die polisie as ’n gesoute misdadiger bestempel, en hulle kon daarin slaag om hom kort na die voorval in hegtenis te neem.