Wêreld Nuusflitse – 21 Julie

Amerika

Senator John McCain van die Republikeinse Party en voormalige presidentskandidaat is gediagnoseer met ‘n aggressiewe breinkanker.

 

Europa

Die oostelike lidlande van die Europese Unie beweer dat hulle die “uitskot” voedselprodukte ontvang wat ingevoer word, en het ’n beroep op die EU gedoen om te sien dat dié praktyk gestaak word.

 

VSA

Die Amerikaanse Senaat het die seun van die president, Donald Trump jnr, versoek om gereed te maak vir ’n verhoor oor die beweerde skakeling met Russiese politici oor inmenging in die presidentsverkiesing van 2016.