Wêreld Nuusflitse – 19 Julie

VSA

Die gesondheidsversekering soos deur die Trump-administrasie voorgestel is, is weer eens verwerp nadat die Republikeine nie ’n meerderheid kon behaal nie omdat sekere lede geweier het om die voorstel te steun.

 

Lugvaart

Amerika het die verbod op skootrekenaars in vliegtuie opgehef maar aansienlik strenger maatreëls ingestel om te voorkom dat moontlike kapers die vlugte kan ontwrig.

 

Europa

België en Swede is die wêreld se voorste lande om ongelykhede uit te skakel, maar Swede is die voorste land om die gaping tussen ryk en arm te verklein.

 

Somalië

Uiteindelik is alles terug na normaal nadat Somalië se Internet vir drie weke van die lug was weens tegniese probleme wat die land se tegnici nie kon uitstryk nie en gebruik gemaak moes word van buitelandse hulp. Die drie weke sonder Internet het die land glo meer as $10 miljoen per dag gekos.