Wêreld Nuusflitse – 11 Julie

Iran

Die regering van Iran het sy buurland Irak gelukgewens met die oorwinning in Mosoel teen die terroriste, en sy hulp aangebied vir die heropbou van stede en belangrike geboue wat deur die Islamitiese Staat vernietig of beskadig is.

 

Turkye

Die president van Turkye is blykbaar nog steeds besig met ’n suiweringsveldtog om ontslae te raak van moontlike ondersteuners van die mislukte staatsgreep, en het in die jongste voorval sowat 40 akademici in hegtenis geneem “vir moontlike sameswering”.

 

Mosoel

Die vermoede bestaan dat die verslane Islamitiese Staat in die stryd om Mosoel, uit weerwraak en vergelding met motorbom aanvalle sal begin teen die owerheid van Irak.