Wêreld Nuusflitse – 10 Julie

Hamburg

Presidente Poetin van Rusland en Donald Trump van Amerika het mekaar vir die eerste keer in die oë gekyk tydens die G20 beraad in Hamburg, Duitsland, waar hulle ook ooreengekom het om ’n skietstilstand te bewerkstellig in die suidweste van Sirië.

 

Sjina

Die spanning is besig op toe te neem tussen Sjina en Indië weens ’n geskil oor die grens tussen die twee lande, en kan tot hewige konflik lei as ‘n ooreenkoms nie bereik word nie.

 

G20 beraad

Tydens die afgelope G20 beraad in vasgestel dat Indonesië een van die mees gesonde ekonomieë het onder die G20 lande, terwyl Suid-Afrika een van die swakste ekonomieë het.

 

Duitsland

Honderde verlinkse politieke aktiviste wat hulleself “Swart Blok” gedoop het, was in gewelddadige botsing met die polisie tydens die G20 beraad, en sowat 100 mense is beseer wat hospitaalbehandeling moes ontvang.

 

Venezuela

Die leier van die opposisieparty in Venezuela, Leopoldo Lopez, is uit die tronk vrygelaat en onder huisadres geplaas, vanwaar hy sy ondersteuners aanmoedig om voort te gaan met protesteer teen die diktator van die land.

 

VSA

Meer as 200 gesinne in Amerika moes vlug van die vlamme van ’n hewige bosbrand wat buite beheer geraak het in die deelstaat Kalifornië wat deur weerlig veroorsaak is.