Warm kerrie eiers vir koue aande

Wat eet ons vanaand? Kom ons maak sommer gou heerlike kerrie eiers vir ‘n koue aand. Dis min moeite en dis vinnig om te maak.

 

Kerrie eiers

Bestanddele:

6 hardgekookte eiers (7 minute gekook vandat die water begin borrel)

Vir die kerriesous:

2 eetl botter

2 middelslag uie en ringe gesny

10 ml matige kerriepoeier

2 eetl koekmeel

1 eetl suiker

2 eetl asyn

1 eetl blatjang

500 ml kookwater

5 ml sout

Fyngekapte pietersielie om oor te strooi.

 

Metode:

Braai die uieringe tot sag in die botter.

Voeg die kookwater by die uieringe en kook vir 1 minuut.

Meng die droë bestanddele en maak dit aan met die asyn en blatjang.

Roer dit by die uiemengsel en roer aanhoudend tot verdik.

Sny die eiers in die lengte deur en pak in ‘n diep glasbak.

Strooi bietjie geurselsout (Aromat) oor die eiers.

Gooi die sous oor om al die eiers te bedek en strooi net voor opdiening die fyngekapte pietersielie oor.

 

Bedien met rys of kapokaartappels