VSA vegvliegtuig dood talle Afganistan polisie


In ’n verwoestende aanval van ’n Amerikaanse vegvliegtuig is minstens 16 Afgaanse polisie gedood tydens ’n lugaanval in die Helmand provinsie.

Die Amerikaanse vegvliegtuie het herhaalde aanvalle uitgevoer teen die Taliban wat beheer het oor die betrokke provinsie.

Die goewerneur van die provinsie het die naweek bevestig dat minstens 16 polisie offisiere tydens die lugaanval gedood is in die distrik van Gereshk.

Minstens twee ander offisiere is ernstig beseer in die aanval op ’n polisiebasis wat op daardie stadium bymekaar gekom het vir ’n vergadering.

’n Amerikaanse militêre woordvoerder het die VSA se verskoning aangebied vir die ongelukkige voorval en meegevoel betuig met die familielede.

Volgens die hoof van die Afgaanse polisie was die oorledenes almal getaak om saam met die weermagsoldate te veg teen die terroriste.

Afghanistan is reeds 16 jaar in ’n oorlog gewikkel teen die Taliban en is eers sedert verlede jaar bygestaan deur die VSA en Navo lande.

Helmand is van uiterste groot waarde vir sy watervoorraad, elektrisiteit, maar ook vir sy produksie van opium wat glo finansieel help om die stryd teen die Taliban te voer.