VSA toets hipersoniese vliegtuig

Die Verenigde State van Amerika is besig met toetse en die ontwerp van ’n hipersoniese vliegtuig en missiele wat kan vlieg teen ’n spoed bykans twee kilometer per sekonde.

Dit beteken dat die tuig of die missiel teen ’n spoed van meer as 7 000 kilometer per uur sal beweeg, en kan selfs ’n spoed van 11 000 kilometer per uur bereik.

Die navorsing en toetse wat in samewerking met Australië gedoen word om die toestelle te ontwikkel, sal na verwagting uiteindelik vyf keer vinniger as die spoed van klank wees.

’n Eerste suksesvolle vlug is reeds op 12 Julie voltooi volgens die Hypersonic International Flight Research Experimentation  in die omgewing van Suid-Australië.

Die $54 miljoen projek se eerste oefenvlug was glo suksesvol wat deur die Amerikaanse lugmag, die Boeing maatskappy en die Australiese Departement van Verdediging Wetenskap en Tegnologie saam met die Universiteit van Queensland onderneem is.

Rusland en Sjina het blykbaar soortgelyke toetse onderneem en ook reeds suksesvolle resultate bereik.