VSA Senaat ondersoek Trump Jnr.

Tydens ’n ontmoeting tussen prominente Republikeine van die Trump verkiesingskomitee en die Russiese parlementariër, Natalia Veselnitskaya, het glo geen noemenswaardige besonderhede na vore gekom om die Trump verkiesingsveldtog te bevorder nie.

Die Amerikaanse Senaat het ’n kommissie aangewys wat skakeling met die Russe ondersoek as deel van die algehele ondersoek na Russiese inmenging in die verkiesing.

Die hoof van die Senaat se ondersoek komitee, Robert Mueller, wat ’n voormalige FBI direkteur is, het versoek aan die Wit Huis gestuur en gesê die ontmoeting tussen Donald Trump jnr., en die Russiese parlementslid Natalia Veselnitskaya is van belang en vereis verdere ondersoek.

Die ontmoeting met Natalia Veselnitskaya is ook bygewoon deur die president se skoonseun, Jared Kushner, en die voormalige verkiesingsveldtog bestuurder, Paul Manafort.

Die komitee het Trump jnr. opdrag gegee om voor die kommissie te verskyn om te getuig oor die voorval.

Die Huis van Afgevaardigdes se komitee sal ook Woensdag ’n verhoor hou waartydens Jared Kushner ondervra sal word.

Trump jnr. het die ontmoeting bygewoon met die Russiese parlementslid nadat hy die versekering ontvang het dat belangrike en sensitiewe inligting oor Hillary Clinton beskikbaar is wat slegs mondelings oorgedra kon word.

Later het Trump jnr. gesê die dame het niks van belang gesê soos wat voorheen belowe is nie.

Intussen het Natalia Veselnitskaya gesê sy het geen verbintenis met die Kremlin nie, en is ’n sakevrou van beroep, wat ook gereed is om voor die kommissie te getuig, en het bygevoeg dat sy verbaas is oor die “massa paniek” wat haar ontmoeting met Trump jnr veroorsaak het.

Foto – Natalia Veselnitskaya