VSA paraat teen moontlike aanvalle

Die Amerikaanse weermag is paraat om enige moontlike aggressie van Noord-Korea se kommunistiese regering die hoof te bied.

Die Amerikaanse en Suid-Koreaanse weermagtroepe het hul paraatheid in die skiereiland getoon toe hulle langafstand presisiewapens afgevuur het tydens ’n militêre oefening.

Die vuurpyl het akkuraat geland in die seegebied van Suid-Korea, soos wat aanvanklik beplan is.

Die oefening en paraatheid het nodig geword nadat Noord-Korea ’n Interkontinentale Ballistiese Missiel lanseer het wat ’n duidelike bedreiging word vir Suid-Korea en selfs vir gebiede so vêr as Alaska.

Volgens die Amerikaanse weermag was die oefening van die twee lande se leërmagte ’n belangrike toets om te verseker dat hulle gereed is vir die stryd teen Noord-Korea indien die kommuniste nog groter aggressie sou toon.

’n Amerikaanse woordvoerder het gesê die moontlik van oorlog teen Noord-Korea word ’n al groter moontlikheid.

Waarnemers meen dit is die belangrikste rede waarom die VSA saam met Suid-Korea belangrike militêre oefeninge uitvoer.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vergader op versoek van Amerika, Suid-Korea en Japan agter geslote deure oor die jongste voorval van Noord-Korea.

Minister Rex Tillerson van Amerika het die internasionale gemeenskap opgeroep tot aksie en vra dat alle lande aan Noord-Korea moet toon wat die gevolge is van ’n wapenwedloop, en gewaarsku dat enige militêre ondersteuning aan die Kommuniste van Pyongyang, ’n gevaarlike spel is om te speel.