VSA: Missiel afweerstelsel vir Alaska

Amerika het aangekondig dat planne gereed is om ’n nuwe toets te doen met die THAAD missiel afweerstelsel om as teenvoeter te dien teen enige internasionale en interkontinentale langafstand ballistiese missiele.

Die aankondiging kom kort nadat Noord-Korea ‘n suksesvolle toets uitgevoer het met sy middelafstand ballistiese missiel wat selfs Alaska kan bereik.

Alhoewel Amerika vroeër aangekondig het dat hy opgradering gedoen het van sy afweerstelsel, is verdere ontwikkeling gedoen wat waarskynlik in Alaska ontplooi sal word.

Die Amerikaanse Missiel Afweer Agentskap vir Hoërisiko gebiede is ontwerp om vyandige Balinese kort-, medium- en interkontinentale missiele te onderskep en te vernietig in hulle finale fase van vlug.

Die Amerikaanse woordvoerder sê die THAAD afweerstelsel sal gedurende Julie ontplooi word in Alaska en ook daar getoets word

Die afweerstelsel wat in verskeie dele van die wêreld ontplooi is, het ’n sukses rekord van 100% doeltreffendheid in die 13 toetse wat voorheen uitgevoer is.