VSA: Minister ook betrokke by Russe

Die Amerikaanse minister van justisie, Jeff Sessions, is ewe skuldig as talle ander wat deelgeneem het aan gesprekke met Rusland se diplomatieke korps tydens die verkiesingsveldtog.

Sessions was volgens ’n bandopname wel in gesprek met die Russiese ambassadeur in die VSA, Sergej Kisljak.

Die Amerikaanse Intelligensiediens het daarin geslaag om hulle hand te lê op ’n opname waarin ambassadeur Kisljak bevestig teenoor sy meerderes dat hy en Sessions in gesprek was.

Minister Sessions se skakeling met die ambassadeur is wel bekend, en moes hy tydens sy verhoor verduidelikings gee oor die saak voor die ondersoek kommissie van die Senaat.

Minister Sessions het egter ontken dat sy gesprek met die ambassadeur enige verband het met die verkiesingsveldtog.

Politieke ontleders wys daarop dat alhoewel verskeie persone met Russiese politici geskakel het gedurende die veldtog van die presidentsverkiesing, weinig besonderhede verstrek word en die gesprekke niks met die verkiesing te make het, en derhalwe nie van enige waarde is nie.

Sessions word beskou as een van die mees konserwatiewe senatore wat tans in Amerika is, en word hoog aangeslaan vir sy standvastigheid as minister van justisie.

Foto – Minister Jeff Sessions