VSA en Russe kom ooreen in Sirië

In ’n gesamentlike poging van die Verenigde State en Rusland, is ooreengekom dat sekere gebiede in Sirië nou geen-vlieg gebiede is vir alle vliegtuie.

Die ooreenkoms wat deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, aangegaan is met Rusland, sal waarskynlik ook in die G20 beraad bespreek word.

Minister Tillerson het tydens ’n mediakonferensie gesê die ooreenkoms is met Rusland aangegaan na ses jaar van onrus in Sirië.

Hy het daarop gewys dat die ooreenkoms ook kan beteken dat skietstakings op die grond van krag word, wat die lewering van noodsaaklike lewensmiddele sal bespoedig.

Die minister sê die vooruitsig om die moontlikhede in werking te stel sal beteken dat ’n politieke oplossing in Sirië veel makliker bereik kan word.

Rusland het ook die verantwoordelikheid om te verseker dat die Siriese regeringsmagte nie weer aanvalle op enige iemand uitvoer met die gebruik van chemiese wapens nie, het hy gesê

Foto – Minister Rex Tillerson