VSA bou onsigbare muur

Die Amerikaanse ruimtevaart organisasie Nasa het begin met die oprigting van ’n onsigbare muur om die land te beveilig teen hommeltuig spioenasienetwerke uit vyandelike lande.

Die virtuele muur word tans ontwikkel en sal toestelle wat deur die onsigbare muur vlieg, sonder enige waarskuwing summier neerskiet.

Die gebruik van hommeltuie speel ’n al groter rol in moderne tye, en word nie net vir spioenasie gebruik nie, maar kan selfs vir aanvalle op vyandelikes gebruik word.

Daarbenewens word die hommeltuig ook gebruik om in tye van rampe, oorlewendes op te spoor wat dan deur helikopters en ander vervoermiddele na veiligheid gebring kan word.

Die Internetreus Amazon, wat nou met ’n nuwe konsep van winkels begin, beoog om bestellings aan kliënte af te lewer deur van hommeltuie gebruik te maak.

Met die vele gebruike van die toestel word die lugruim ’n gebied wat hom leen vir vyandelike magte se optrede, en dit is wat Nasa nou wil bekamp.

Dit is nie duidelik watter middele Nasa gebruik waarmee die “muur” gebou word nie, maar die vermoede bestaan dat laser deel uitmaak daarvan.