Voorste leiers buig knie vir Trump

Die invloed van die Amerikaanse president, Donald Trump, het skerp na vore gekom tydens die afgelope G20 beraad in Hamburg, Duitsland, wat deur Bondskanselier Angela Merkel aangebied is.

Waarskynlik die mees opvallende was die optrede van president Macron van Frankryk, wat selfs toegewings gemaak het in die Parys Ooreenkoms vir Klimaatverandering wat Trump verseg het om te onderteken.

Macron het aangekondig dat sekere aanpassings gemaak word in die hoop dat president Trump sal inkoop op die program.

Nadat president Trump ’n paar vleiende woorde geuiter het oor die bekwaamheid van kanselier Merkel as voorsitter van die G20 beraad, het die houding van Duitsland ook verander en het sy toegegee dat die Navo lande groter bydraes tot Navo moet maak om Europa te beveilig.

Kenners wys daarop dat die leiers, waarvan president Vladimir Poetin een is, die knie gebuig het voor Donald Trump toe hy Rusland bereid gemaak het om Trump se voorstel van ’n skietstilstand in Sirië aanvaar en selfs gesteun het.

Die kommer in Brittanje is ietwat verlig toe president Trump aan die Britse premier, Theresa May, die versekering gegee het dat sy nie te veel moet bekommer oor Brexit se uitwerking nie, omdat die VSA heel spoedig ’n nuwe handelsooreenkoms met haar sal beklink.

Met die belangrikste leiers in die G20 Beraad, wat elkeen die knie moes buig vir Trump se siening en standpunte, het die Amerikaner heelwaarskynlik vir die eerste keer staatsmanskap openbaar wat almal onverhoeds onkant betrap het.

Foto – President Macron by die Amerikaanse president.