Versekeraar swig voor BLF eise

Nadat die radikale groep BlackFirst LandFirst (BLF) die versekeraar MiWay gaan intimideer het tydens ‘n protesoptrede, het die versekeraar toegestem om homself te transformeer.

BLF het MiWay beskuldig van diefstal omdat sy direksie wit is.

Die optrede het gevolg nadat ‘n fopnuus e-pos versprei is onder MiWay se briefhoof waarin swart kliënte bobbejane genoem is, en dat 90% van hulle eise van volgende maand afgekeur sou word.

Alhoewel dit van die begin af duidelik was dat daar geen waarheid in die e-pos gesteel het nie, was dit voldoende rede vir Andile Mngxitama en sy mede-radikale BLF groep om die versekeraar te konfronteer.

René Otto, MiWay se uitvoerende hoof, het geswig en erken dat hulle bewus is daarvan dat die direksie “nie getransformeer is” nie.

Skynbaar het MiWay onderneem om weer oor ses maande met BLF te vergader en het beloof dat BLF dan vordering met hulle transformasie sal sien.