Verkeersbeamptes gearresteer

Twee vroulike verkeersbeamptes is op 21 Julie 2017 by die Langlaagte toetsterrein gearresteer.

Dit volg nadat hulle na bewering ‘n R9 000 omkoop “geskenk” aanvaar het.

Die twee sal vandag in die Johannesburgse kommersiële hof verskyn terwyl nog arrestasies moontlik kan volg.

Dit is nog nie seker waarvoor hulle die omkoopgeld aanvaar het nie en wat die klagtes teen hulle gaan wees nie. Hulle name sal ook eers bekend gemaak word as hulle in die hof verskyn het.