Verdryf die koue met melkkos

Heerlike melkkosresep vir ‘n koue aand. Probeer dit gerus vir Sondagaandete.

 

Vinnige Melkkos

Bestanddele:

2 liter volroom melk

310 ml koekmeel

3 ml sout

45 ml botter

Keneelsuiker om oor te strooi

 

Metode:

Verhit die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt.

Mmeng die meel en sout saam en vryf die botter daarby in.

Sprinkel die meelmengsel op die kokende melk en roer tot goed gemeng.

Prut vir ongeveer 10 minute oor lae hitte, maar roer aanhoudend om aanbrand te voorkom. Prut tot dik en gaar.

Die mengsel moenie ‘n gladderige sous wees nie maar klonterig.

Skep in warm diep borde en sprinkel kaneelsuiker oor die melkkos.

 

Wenk: Sprinkel ‘n lepel kaneelsuiker onder in elke bord, skep dan die melkkos bo-op en strooi ‘n bietjie kaneelsuiker bo-oor.

 

Genoeg vir 6 tot 8 mense. Geniet u ete.