Venezuela stel protesverbod in

Die Venezolaanse regering het maatreëls ingestel wat onmiddellik van krag word wat protesaksies van enige aard verbied.

Die nuwe maatreël wat die afgelope naweek ingestel is, volg nadat minstens vyf mense omgekom het toe ’n protesoptog van opposisielede gewelddadig gebots het met die polisie.

Opposisielede betoog reeds meer as ses maande lank oor die omstrede president van die land weier om ’n referendum te hou.

Venezuela gaan gebuk onder ernstige ekonomiese terugslae weens die lae olieprys waarop die land se ekonomie rus.

Kiesers is in opstand omdat winkelrakke leeg staan en noodsaaklike mediese middels nie bekombaar is nie en in die buurstaat Columbië gekoop moet word.

Die regering het intussen aangekondig dat ’n referendum die naweek gehou word oor ’n beoogde grondwetwysiging wat die president se diktatoriale magte verder sal uitbrei.

Meer as ’n 100 mense het reeds met hulle lewens betaal in protesoptogte gedurende die afgelope jaar.