Venezuela opposisie hou week lange staking

 

Die politieke opposisie in Venezuela beoog die volgende week groot demonstrasies oor ontevredenheid met die president.

Die aankondiging volg nadat die veiligheidsmagte gewelddadig opgetree het teen die betogers wat vreedsaam in ’n optog beweeg het die afgelope naweek die land se hoofstad Caracas.

Een van die beswaarmakers is ’n welbekende violis wat saam met die optoggangers beweeg het terwyl hy volksmusiek op sy viool gespeel het.  Polisie het egter nie van die vreedsame optog gehou nie en die skare uitmekaar gejaag deur traangas te gebruik.

Die opposisiepartye het egter Saterdag voortgegaan met hulle beplande mars na die hoofstad se hooggeregshof, en toe die polisie die skare uitmekaar jaag met traangas, het jong manne met maskers op die gesig, die polisie met halwe bakstene en klippe bestook.

Die opposisie het na afloop van die gebeure ’n staking van werkers aangekondig wat tot ’n week lank kan duur as die president nie gehoor gee aan hulle eise om ’n referendum te hou nie.

Die skare het woedend gereageer toe die polisie die violis gewond het met geweervuur en sy viool onherstelbaar beskadig is, terwyl die man slegs musiek gemaak het op sy instrument tot groot frustrasie van die polisie.