Veldbrande saai verwoesting in Amerika

Verwoestende bosbrande oor die westelike gebiede in die Verenigde State sowel as in Kanada is besig om duisende mense se lewens te bedreig en honderde woonhuise te vernietig.

Minstens twee gebiede in Kalifornië het ’n totaal van 10 000 mense verplig om te vlug uit hulle woonplekke terwyl talle huise reeds vernietig is.

Meer as 5 000 mense is betrokke om die brande te probeer blus wat voortwoed in 14 afsonderlike streke van die deelstaat.

Brandweer personeel sê daar is reeds meer as 230 afsonderlike brande wat bestry word, waarvan 10 brande ’n ernstige bedreiging inhou vir woongebiede.

’n Woordvoerder in Kanada sê die lae voginhoud in die lug, en die geweldige warm dae met sterk winde is die hoofoorsake vir die geweldige brande wat oor ’n wye gebied vernietigend voortwoed.

Minstens 20 000 mense moes hulle woonplekke verlaat terwyl ’n 10 000 brandweer personeel sukkel om die brande onder beheer te kry.

Miljoene dollar is in ’n fonds inbetaal om slagoffers te probeer vergoed vir hulle onberekenbare skade.