Veiling word fees

Die Vryburger se veiling van 5 Augustus in Pretoria gaan meer as net ‘n veiling wees en gaan meer ‘n gesellige kermis word.

Volgens die organiseerder en afslaer van die veiling, mnr. Joseph Kidson, is reeds heelwat interessante artikels ontvang vir die veiling.  Dit wissel van waardevolle historiese en antieke items, tot nuttige gebruiksitems.

Alhoewel die doel van die veiling is om fondse in te samel vir uitbreidings aan Die Vryburger, kan mense items aanbied om te verkoop en self ‘n deel van die opbrengs daarvoor kry indien hulle so sou verlang.

By die veiling, wat gehou word op die perseel van Oranjekas in Collinslaan, Moregloed, Pretoria, sal daar ook pannekoek, worsbroodjies, koffie, tee en koeldrank wees terwyl gesellige musiek ook gespeel gaan word.

Mnr. Kidson sê hulle kan nog baie items hanteer vir die veiling, en mense kan maar stoorkamers en motorhuis fynkam om ongebruikte items te skenk vir ‘n goeie doel. Nog ‘n paar hande is ook nodig die dag vy van die aktiwiteite.

Mense wat nog skenkings wil maak of kan help, kan mnr. Kidson kontak by 0728166864.

Foto’s: Van die artikels wat reeds vir die veiling geskenk is