Twee liggame in sneeu gevind na dekades

Die bevrore en ongeskonde liggame van ’n egpaar in Switserland is na 75 jaar gevind deur ’n werker wat in die omgewing werksaam was.

Die egpeer het 75 jaar gelede weggeraak en soektogte was tevergeefs, maar nou het ’n werker die twee liggame ontdek by ’n krimpende gletser in die Alpe.

Marcelin enFrancine Dumoulin, die ouers van sewe kinders waarvan vyf seuns is, het glo op die besondere dag van 15 Augustus 1942 die veld ingegaan om die koeie bymekaar te maak wat hulle sou melk.

Die jongste dogter het na die nuus haar bereik het gesê hulle het hul lewe daaraan gewy om na die liggame te soek om hulle minstens op ’n behoorlike wyse te begrawe.

Sy sê haar vader was ’n skoenmaker en haar moeder ’n onderwyseres, wat alles gedoen het om hulle kinders ’n goeie opvoeding te gee.

Die owerheid het DNS toetse uitgevoer om seker te maak dat dit wel die betrokke egpaar is.

Met die tragedie is die sewe kinders geskei van mekaar en deur verskillende families versorg.