Turkye en Grieke oorhoops met mekaar

Die twee spanne onderhandelaars oor die eiland Siprus het uiteengegaan sonder om ’n ooreenkoms te bereik oor die toekomstige bedeling van die eiland.

Onderhandelaars van Griekeland en Turkye het in Switserland byeengekom om ’n herindeling te maak tussen die Griekse en Turkse deel van die eiland Siprus.

Aanvanklik is gehoop dat ’n hereniging van die eiland moontlik teweeggebring kan word, maar die onderhandelaars het spoedig besef dat dit ’n onmoontlike taak is, en hulle toegespits op ’n moontlike herindeling van die gebied.

Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het bevestig dat daar nog geen sprake is van ’n moontlike hereniging nie.

Onderhandelaars uit Griekeland, Groot-Brittanje, en Turkye het vir dae lank gepoog om mekaar te vind en ’n oplossing te kry oor hoe die eiland herenig kan word.

Ingeligte waarnemers sê die kans op sukses om Siprus te herenig is uiters skraal omdat elke party sy belange op die eiland probeer beskerm.

Siprus het verdeeld geraak toe Turkye sedert 1974 die noordelike deel van die eiland binnegeval en beset het.

Griekeland het egter die eiland ingelyf as deel van die Griekse staat, wat tot onsekerheid onder die Turkse minderheid gelei het.

Foto – Antonio Guterres