Trump vra nuwe handelsooreenkoms met bure

Amerika het aangekondig dat hy sal saamwerk om ’n nuwe, meer realistiese handelsooreenkoms met Kanada en Meksiko aan te gaan om die ooreenkoms van 1994 te vervang.

Die ooreenkoms wat die Amerikaanse president nie wou steun nie, en wat hy beskryf het as ’n “ramp in die handelswêreld” is in 1994 gevestig as die North American Free Trade Agreement (NAFTA),

President Trump het vroeër gesê Amerika sal deelneem aan volgende maand se gesprek maar eis dat beter voorwaardes vir uitvoerhandel in produkte en nywerheidsgoedere van die VSA ingestel word.

Die Republikeinse regering is van mening dat die subsidiestelsel nie billik teenoor Amerika is nie, en ook hersien moet word.

Die hersiening van die handelsooreenkoms is een van president Donald Trump se verkiesingsbeloftes wat hy waarskynlik nou tot uitvoer wil bring om sy verlore aansien te herwin.

Trump se gewildheid word volgens peilings in die linkse media op ’n laagtepunt gestel en daartoe bydraend is die vernedering met die afkeuring van sy voorstelle vir ’n gesondheidsplan om ObamaCare te vervang.

Amerika het ’n handel surplus van meer as $8 miljard met Kanada gehad in 2016, en ’n oorskot van $63 miljard met Meksiko wat die president laat glo dat die voordele wat die VSA aan sy bure bied, te groot is.

Foto – VSA en Kanada se presidente.