Trump vervang senior in Wit Huis

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het generaal John Kelly aangestel as die nuwe stafhoof van die Wit Huis.

Die aanstelling volg nadat die stafhoof, Reince Priebus, bedank het nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n dubbele persoonlikheid het en gevolglik nie vertrou kan word nie.

President Trump het bedanking en nuwe aanstelling self bekend gemaak met ’n kort en saaklike beriggie op die sosiale netwerk.

Reince Priebus was sedert sy aanstelling in ’n senior hoedanigheid, maar met die koms van Anthony Scaramucci as die nuwe hoof van kommunikasie in die Wit Huis, was daar duidelik spanning waarneembaar.

Anthony Scaramucci het enkele dae na sy aanstelling gesê Priebus het ’n dubbele persoonlikheid wat dit onmoontlik maak om met hom saam te werk en het die bekommernis gehad dat dit juis Priebus is wat vertroulike inligting na die media lek.

Generaal John Kelly (57) is ’n afgetrede weermagoffisier wat daarvoor bekend is dat hy streng opgetree het in die bewaking van Amerika se grense.

Priebus se uittrede het ook tot gevolg dat hy sy lidmaatskap as Republikein verloor weens sy beweerde onetiese optrede deur inligting te lek na die media.

Foto – John Kelly (R) en Reince Priebus