Trump se senior woordvoerder bedank

Die senior woordvoerder in die Wit Huis, Sean Spicer, het president Donald Trump amptelik verwittig dat hy bedank.

Verskeie koerante in Amerika het bevestig dat Spicer sy uittrede bekend gemaak het weens sy ontevredenheid met die nuwe kommunikasie direkteur wat die president benoem het.

Sarah Huckabee Sanders, die dogter van senator Huckabee, wat ook ’n presidentskandidaat in die verkiesing was, sal Spicer opvolg as die Wit Huis woordvoerder.

Spicer het sy ontevredenheid uitgespreek oor die president vir Anthony Scaramucci (53) as kommunikasie direkteur aangestel het, en het gesê die aanstelling is na sy oordeel ’n oordeelsfout.

Onbevestigde berigte lui dat president Trump reeds vir ’n geruime tyd nie tevrede was met die optrede van Spicer nie, maar het glo te midde daarvan probeer om Spicer te oortuig om nie te bedank nie.

Die president was glo ontevrede oor die wyse waarop Spicer die afdanking van die FBI direkteur aan die media verduidelik het.

Sarah Huckabee Sanders was tot hede die adjunkwoordvoerder van die Wit Huis, en haar aanstelling is deur die nuwe kommunikasie direkteur,  Scaramucci, aangekondig en gesê Spicer sal egter eers teen die einde van Augustus diens verlaat.

Foto – Sarah Huckabee Sanders