Trump en Macron vind mekaar oor Sirië

Na afloop van die verrigtinge op die paradegrond voor die Elysée Paleis, het die twee staatshoofde, president Donald Trump en president Emmanuel Macron die paleis in beweeg en ernstige wêreldsake bespreek.

Die vriendelike en gasvrye geleenthede wat Macron gebied het, is eers eenkant gelaat, en dit waaroor Trump se besoek gaan, was om tot ’n vergelyk te kom met sy Franse eweknie.

Uit die staanspoor is ooreengekom oor die situasie in Sirië, en die Amerikaner het ligte gedagtes uitgespreek oor die Parys klimaat akkoord.

Soos ou vriende het die twee staatsmanne vertoon toe hulle daarna ’n perskonferensie toegespreek het.

President Macron moes egter die sluier lig en het gesê alhoewel die Amerikaanse president met hom verskil oor die Parys akkoord, daar wel ander gebiede is soos beveiliging waaroor die twee lande nie verskil nie.

President Trump het die Parys akkoord liggies aangeraak en gesê daar kan wel iets kan in die toekoms gebeur in die verband.

Beide leiers het daarop gewys dat ’n ooreenkoms bereik is oor die situasie in Sirië en Irak waar heropbou programme gesteun sal word.